Tienerfiksie
Die wêreld verander wanneer niemand kyk nie.
Spanning, identiteit, verlies en vreemde reëls vir lesers wat nie maklike antwoorde nodig het nie.
Hier staan grootword en gevaar dikwels op dieselfde plek. Die hoofkarakters moet nie net uitvind wat rondom hulle gebeur nie, maar ook wie hulle is wanneer die gewone reëls nie meer werk nie.
Die verhale is vinnig en leesbaar, maar nooit afgewater nie. Hulle speel met vorm, geheue, tegnologie en die ongemaklike moontlikheid dat volwassenes nie al die antwoorde het nie.

’n Paar deure
Begin hier
Breinlabirint
Sewe leesdele. Een geheue vol gate. ’n Waarheid wat nie op een slag gelees wil word nie.
Die duisend en eerste nag
’n Verhaal wat gelees, gehoor en gekyk kan word.
Verkleurmannetjie
’n Raaisel oor identiteit, aanpas en die gesig wat ’n mens vir die wêreld wys.
Nie vir kinders nie
’n Titel wat die waarskuwing sommer self dra.
Klipgooi
’n Donker grootwordverhaal waarin dade langer leef as die oomblik waarin hulle gebeur.