Rillers en spoke
Die deur is oop. Dit beteken nie jy moet ingaan nie.
Skole, hospitale, woude, huise en skerms word ingange na ’n gevaarliker werklikheid.
Die Rillers maak gewone plekke onstabiel. Die verhale is kort, vinnig en donker genoeg om ’n lig te laat brand, maar avontuur en humor bly deel van die pret.
Spooksoeker volg Warno Alberts, wat dinge raaksien wat ander mense miskyk. Saam bied die reekse ’n goeie ingang vir jong lesers wat gril, raaisels en bonatuurlike gevaar soek.

’n Paar deure
Begin hier
Rillers
Losstaande grilverhale oor ’n woud, ’n hospitaal, ’n speletjie, ’n vreemde vrou en nog baie donker plekke.
Spooksoeker
Warno Alberts se drie boeke oor spoke, geheime en die dinge wat net sommige mense kan sien.
Kamer 13
Daar is altyd ’n rede waarom ’n deur toe bly.
Die waterding
Iets wag onder die oppervlak. Dit wag al lank.
Die speletjie
’n Speletjie is net veilig totdat dit begin saamspeel.